DSTV bied verskeie Afrikaanse kanale en is een van die beste keuses vir Afrikaanse vermaak. Propvol trotse Afrikaanse programme met kwaliteit uitsendings 24uur n dag.

kykNET - DSTV Kanaal 144 is deel van Afrikaanse televisie vir langer as 19 jaar. KykNET offer 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak, insluitend tonne musiek asook onderhoude met SA en internasionale persoonlikhede, komedie, drama en sepies – daar is iets vir die hele familie!
Webwerf
kykNET NOU! - DSTV Kanaal 145 is jou unieke en sosiale Afrikaanse musiek en vermaakbestemming op televisie. Ons almal deel n liefde vir musiek en die kunstenaars in die vermaaklikheidsbedryf. kykNET NOU! vervang kykNET Musiek en hou nou vele meer programme in vir meer vermaak.
Webwerf
kykNET & kie - DSTV Kanaal 146 is n opwindende kanaal in die kykNET familie. kykNET & kie is n volbloed verskeidenheidskanaal en ook die kleinspan word nie afgeskeep nie en bied vir kykers n wyer spektrum programme aan in Afrikaans.
Webwerf
Via. - DSTV Kanaal 147 is n vars, interessante en avontuurlustige kanaal. Via het 48 leefstylprogramme oor n verskeidenheid onderwerpe soos dieet, kos en verhoudings. Dit fokus op Afrikaanse mense, hulle gesinne en leefstyl. Via spog met 'n verskeidenheid programme vir die manne wat onder andere kamp, reis en die Bierboetiek insluit.
WebwerfOpenView bied tans twee kanale in Afrikaans aan. Sepie liefhebers kan uitsien na oorgeklanklte telenovelas.

ePlesier – OpenView Kanaal 112. Benut die gewildheid van sy Afrikaans-gedoopte Turkse telenovelas en stel ePlesier as 'n nuwe Afrikaanse TV-kanaal bekend.
Webwerf

KruisKyk TV – Deur die Goeie Nuus boodskap te verkondig verryk ons kykers se lewens. Met 'n sterk fokus om in Afrikaans en Engels op Nasionale en Internationale vlak uit te saai via satelliet televisie.
Webwerf
HomeBase TV – Hierdie organisasie sonder winsoogmerk bestaan om die Waarheid van die Bybel via media te verkondig. Met 24/7-uitsendings via satelliet, kan miljoene nou die vaslegging van inhoud besigtig. Oor die volgende onderwerpe: geloof, liefde, wêreldgebeurtenisse, verhoudings, Bybelprofesieë, gesondheid, lewenstyl, gesin, ekonomie, musiek, inspirasie, kookkuns en tuinmaak.
Webwerf
MYtv – Voorheen StarSat kanaal 460. Nou beskikbaar aanlyn. Kom geniet kraakvars programme met bekendes soos Bouwer Bosch, Marius Dreyer, Jamie Ferreira en vele meer! Moet nie hierdie kans mis tot 24/7 uitsending nie, met tonne programme vir beide jonk en oud is MYtv verseker die kanaal vir trots Afrikaans sprekende persoon.
Webwerf
GROOT FM – DSTV Kanaal 820 is ‘n radiostasie op 'n missie om Suid Afrika en sy mense te inspireer en fokus daarop om 'n impak te maak met "vermaak wat 'n verskil maak". GrootFM vier en geniet alles wat goed en reg is maar aanvaar ook verantwoordelikheid vir dinge wat hulle nog wil sien verander in ons land en gemeenskap. N Radiostasie wat streef daarna om n blywende spoor in die gemeenskap te laat.
Webwerf
Radio Sonder Grense (RSG) – DSTV Kanaal 813 bied vir jare lank die beste in nuus, musiek, radio-teater en aktualiteits programme oor landbou, gesondheid, kos en vele meer vir die ingeligte Suid Afrikaner.
Webwerf
DMX – Trots Afrikaans – DSTV Kanaal 765 speel meestal kontemporêre musiek.

Kosmos Radio – DSTV Kanaal 876 word uitgesaai vanaf Namibië. Kosmos Radio is 'n hoë kwaliteit Afrikaanse kanaal wat nuus, landbou, stadspolisie en vele meer uitsaai.
Webwerf
Pretoria FM – DSTV Kanaal 887 is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Ons programme is gerig op Afrikaaners wat passievol is oor musiek.
Webwerf
Bokradio – OpenView Kanaal 601 is n jong progressiewe Afrikaanse Radiostasie van Kaapstad met volwasse kontemporêre program inhoud.
Webwerf