tv & video doctor ondersteun afrikaanse media

u trotse afrikaanse tv installeerders

DSTV satelliet kanale – Waar Afrikaans Leef

DSTV bied verskeie Afrikaanse kanale en is een van die beste keuses vir Afrikaanse vermaak. Propvol trotse Afrikaanse programme met kwaliteit uitsendings 24uur n dag. Kontak TV & Video Doctor vandag vir jou geakrediteerde DSTV installasie.

Druk HIER om nou een van ons vriendelike en professionele personeel lede te kontak.

DStv Kanale in Afrikaans:

kykNet Afrikaans Televisie Suid Afrika

kykNET - DSTV Kanaal 144 is deel van Afrikaanse televisie vir langer as 19 jaar en offer 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak. Van hope musiek en onderhoude met SA en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies – daar’s iets vir die hele familie!

Webwerf
kykNet Nou Afrikaans Televisie Installasie Pretoria

kykNET NOU! - DSTV Kanaal 145 is jou unieke en sosiale Afrikaanse musiek en vermaakbestemming op televisie. Ons almal deel n liefde vir musiek en die kunstenaars in die vermaaklikheidsbedryf. kykNET NOU! vervang kykNET Musiek en hou nou vele meer programme in vir meer vermaak.

Webwerf
kykNet en Kie Afrikaans Televisie Installasie Centurion

kykNET & kie - DSTV Kanaal 146 is n opwindende kanaal in die kykNET familie. kykNET & kie is n volbloed verskeidenheidskanaal en ook die kleinspan word nie afgeskeep nie en bied vir kykers n wyer spektrum programme aan in Afrikaans.

Webwerf
VIA afrikaanse tv installasie midrand

Via. - DSTV Kanaal 147 is n vars, interessante en avontuurlustige kanaal. Via het 48 leefstylprogramme oor n verskeidenheid onderwerpe soos dieet, kos en verhoudings. Dit fokus op Afrikaanse mense, hulle gesinne en leefstyl. Via spog met 'n verskeidenheid programme vir die manne wat onder andere kamp, reis en die Bierboetiek insluit.

Webwerf

DStv Afrikaans Musiek:

DSTV bied verskeie Afrikaanse radio stasies aan, onder is n volledige lys wat op die oomblik beskikbaar is op DSTV:

GrootFM Afrikaans radio op DSTV kanaal 820

GROOT FM – DSTV Kanaal 820 is ‘n radiostasie op 'n missie om Suid Afrika en sy mense te inspireer en fokus daarop om 'n impak te maak met "vermaak wat 'n verskil maak". GrootFM vier en geniet alles wat goed en reg is maar aanvaar ook verantwoordelikheid vir dinge wat hulle nog wil sien verander in ons land en gemeenskap. N Radiostasie wat streef daarna om n blywende spoor in die gemeenskap te laat.

Webwerf
Radio Sonder Grense - Afrikaans radio op DStv

Radio Sonder Grense (RSG) – DSTV Kanaal 813 bied vir jare lank die beste in nuus, musiek, radio-teater en aktualiteits programme oor landbou, gesondheid, kos en vele meer vir die ingeligte Suid Afrikaner.

Webwerf
DMX Trots Afrikaans Musiek Kanaal op DStv

DMX – Trots Afrikaans – DSTV Kanaal 765 speel meestal kontemporêre musiek.

Radio Kosmos op DStv - Afrikaans kontemporêre musiek kanaal

Kosmos Radio – DSTV Kanaal 876 word uitgesaai vanaf Namibie. Kosmos Radio is 'n hoë kwaliteit Afrikaanse kanaal wat nuus, landbou, stadspolisie en vele meer uitsaai.

Webwerf
Pretoria FM op DStv - Hoop, glo, leef in Afrikaans!

Pretoria FM – DSTV Kanaal 887 is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Ons programme is gerig op Afrikaaners wat passievol is oor musiek.

Webwerf

Open View HD - Afrikaans Uitsending

OVHD Kanale in Afrikaans: (Gratis kyk tyd vir ewig)

Kontak ons vandag deur HIER te druk vir jou installasie van OVHD wat al die ondergenoemde kanale insluit. TV & Video Doctor offer hierdie installasies as n ge-akrediteerde OVHD installeerder.

KruisKyk TV - Christelike Afrikaans Uitsending

Kruis Kyk - OVHD Kanaal 901 vul vir byna n dekade lank die huise van kykers met bemoedigende boodskappe, aktualiteits programme, kinderprogramme en musiek. Ons sal mense se lewens doelgerig positief beinvloed deur die krag van Goeie Nuus, in jou eie taal.

Webwerf

OVHD Afrikaans Musiek

BokRadio - Die beter alternatief - Afrikaans Radio Stasie

Bokradio – OVHD Kanaal 601 is n jong progressiewe Afrikaanse Radiostasie van Kaapstad met volwasse kontemporêre program inhoud.

Webwerf

StarSat - Program in Afrikaans

StarSat – Afrikaans Televisie Kanaal

MyTV Afrikaans Televisie Kanaal op StarSat

MYtv – StarSat Kanaal 460 Als in Afrikaans! Vir ons mense. Die kanaal is gestig om n diens te lewer as 'n plaaslike gemeenskaps televisie kanaal met Christelike beginsels. MYtv fokus op kwaliteit gesins vermaak, aktualiteits en kos programme wat nasionaal uitgesaai word. Alle programme is van die hoogste gehalte, nie-diskrimenerend en ook opvoedkundig. Met StarSat kan jy MYtv se volle trefkrag geniet. MYtv was voorheen bekend as ASTV maar het n naam verandering ondergaan.

Webwerf
StarSat Installer
Accredited DStv Installer Centurion Midrand Pretoria
ElSat Accredited Installer Pretoria
Mulichoice Accredited Installer Lyttelton
OVHD Accredited Installer
TopTV Installer